Top – Presteerders word ‘n Top-presteerder balkie toegeken gedurende die eerste en derde kwartaal, op hul Desember en Junie eksamen resultate gebasseer.  Alle leerders wat ‘n 80% en hoër gemiddeld ontvang, kwalifiseer vir hierdie toekenning.  Die Top-presteerders word met ‘n opvoedkundige uitstappie in die eerste kwartaal beloon en ‘n funksie word gedurende die derde kwartaal gehou waar ‘n gasspreker hulle aan ‘n sekere akademiese veld blootstel.

AKADEMIESE TOEKENNINGS

EREKLEURE

Graad 10 – 12: Totale punt tussen 560 – 700

Graad 8 en 9:  Totale punt tussen 810 – 900

 

MERIETE

Graad 10 – 12: Totale punt tussen 525 – 559

Graad 8 en 9:  Totale punt tussen 765 – 809

 

DIPLOMA EN SEËL

Toekenning aan ‘n leerder wat ‘n totale punt van:

Graad 10 – 12:  560 en hoër behaal het

Graad 8 – 9:  720 en hoër behaal het

 

VAKPRYS

Die een leerder wat die beste presteer in ‘n bepaalde leerarea met ‘n subminimum van 70%.

 

VAKPRESTASIE

Elke leerder wat 80% en meer in ‘n leerarea behaal.

 

(Alle toekennings word gebaseer op November-eksamenpunte met jaarpunte ingesluit).

 

 

 

AKADEMIESE PRYSUITDELING

                       

Tydens die Akademiese Prysuitdeling kry leerders erkenning vir hulle toewyding en baie harde werk wat hulle gedurende die akademiese jaar insit. Leerders word beloon vir elke vak waarin hulle 80% of hoër behaal en vir elke vak waarin hulle die hoogste punt in die graad behaal.

 

Ons graad 12 top akademiese presteerders word vir hul prestasies beloon by ons jaarlikse prestige-geleentheid.