Studiehulpklasse
Studiehulpklasse bied vir leerders die geleentheid om in die teenwoordigheid van ‘n onderwyser huiswerk te doen. Daar is dus ‘n geleentheid om vrae te vra indien hulle hulp benodig.
Die studiehulpklasse is vir almal beskikbaar. Ouers of onderwysers kan leerders na die klasse verwys. ‘n Bywoningsregister word by elke klas gehou.
Die klasse skep ruimte vir leerders om te groei en om hul selfvertroue in bepaalde vakke te versterk.
Leerders word aangemoedig om die begrippe wat hulle problematies vind vir die betrokke onderwyser te vra tydens hierdie lesse.
Die studiehulprooster word aan die begin van elke kwartaal bevestig.
