Vakkeuse / (Gr. 10 – 12)
Vir die Nasionale Senior Sertifikaat moet ´n leerder 7 vakke kies.
Leerders kies een vak uit elk van die onderstaande groepe:
VERPLIGTE VAKKE:
| Groep 1 | Afrikaans Huistaal OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal |
| Groep 2 | English Home Language OF English First Additional Language |
| Groep 3 | Lewensoriëntering |
| Groep 4 | Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid |
KIES NOG ENIGE 3 VAKKE (EEN UIT ELKE GROEP) / CHOOSE 3 MORE SUBJECTS (ONE PER GROUP):
| Groep 5 |
Fisiese Wetenskappe / Geskiedenis Verbruikerstudies Rekenaartoepassingstegnologie Toerisme |
| Groep 6 | Lewenswetenskappe
Ingenieursgrafika & Ontwerp Besigheidstudies Toerisme Inligtigstegnologie |
| Groep 7 | Geografie
Rekenaartoepassingstegnologie Musiek Besigheidstudiess Verbruikerstudies Rekeningkunde |
DIE VOLGENDE VAK kan ook as 8ste vak geneem wordt:
MUSIEK AS ADDISIONELE VAK
Die lewe sonder musiek sou so stil wees, en by Hoërskool D.F. Malherbe stuur ons graag ons melodieë uit. Ons bied klavier, marimba, stem, tromme, tromboon en nog vele meer aan. Ons het jaarliks by ons spesiale musiekaand solo- en groepoptredes, ons bied ook die D.F. Kunstefees en vele meer aan. Ons leerders neem aan verskeie SASMT-kompetisies, samewerkende geleenthede deur die loop van die jaar deel. Ons gebruik tans Trinity College of Music and Rock School as ons eksamenliggaam. Ons streef daarna om ons musiekstudente te ontwikkel en om hulle aan verskeie verhooginstellings bloot te stel en ook om ‘n suiwer liefde vir musiek te kweek. Leerders ontvang twee lesse in ‘n 10 dag-siklus, wat hulle vir hul praktiese eksamens voorberei. Ons musiekleerders is gedissiplineerde musikante wat hul kuns na die beste van hul vermoë ontwikkel.
