Erfenisweek
By Hoërskool D.F. Malherbe vier ons ons erfenis met ‘n weeklange feesviering met ‘n verjaarsdag-parade, klasbaniere en die gebruiklike verjaarspartytjie. Die leerders word getaak om te identifiseer wat hulle trots maak om deel van Hoërskool D.F. Malherbe te wees en elke registerklas moet dit op ‘n banier illustreer. In wese om die erfenis van die skool en die rol wat dit in die gemeenskap speel, te vier.
Die leerders trek aan om hul trotse betrokkenheid by die skool en die verskeie aktiwiteite van die skool te wys. ’n Optog word deur die registerklasse op te skoolterrein gehou, met baniere om dit waarop hulle die trotsste is, ten toon te stel.
Leerders geniet kolwyntjies as deel van die erfenis (verjaarsdag)-vieringe.
