Me Odette Wessels is ons berader by Hoërskool D.F. Malherbe. Sy is ‘n gekwalifiseerde Maatskaplike Werker wat op gemengde gesinne fokus en ook dien as fasiliteerder vir die Ouerdoeltreffendheidsopleidingsprogram. Sy spesialiseer in berading sowel as speelterapie. Ouers kan hul kind(ers) verwys deur ‘n verwysingsvorm in te vul wat by die skool se ontvangs beskikbaar is. Leerders kan ook deur enige onderwyser of op persoonlike versoek verwys word.