By Hoërskool D.F. Malherbe is lewens belangrik! Ons is trots op die feit dat ons Portuurleiers ons bloedskenk elke kwartaal suksesvol koördineer. Leerders kry die geleentheid om hul moue op te rol en bloed te skenk wat lewens red.

Graad 10, 11 en 12-leerders kan aan die begin van elke jaar aansoek doen om Portuurleiers te wees en sal ‘n termyn van een jaar dien. Hulle ontvang die nodige opleiding van die SANBS wat hulle voorberei vir die jaar wat voorlê.