Die Junior Stadsraad van Gqeberha is ‘n nie-winsgewende organisasie wat bestaan ​​uit verteenwoordigers van alle belangstellende hoërskole in Gqeberha. Ryan Hol, oudleerder van Hoërskool D.F. Malherbe, is in 2022 tot burgemeester van die Junior Stadsraad verkies. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie vir beide Ryan en ons skool.

Hierdie geleentheid bied aan ons leerders die geleentheid om saam met ander raadslede van ander skole in Gqeberha te werk om ‘n verskil aan te bring. Die vyf portefeuljes waartoe hulle kan bydra, is die volgende: jeugontwikkeling, omgewing, fondsinsameling, openbare betrekkinge en gemeenskapsdiens. Dit is soveel meer as net gemeenskapswerk; hierdie projekte het ‘n impak op die gemeenskap in ‘n wyer spektrum.

Daar is ‘n senior- en ‘n juniorraadslid wat elke skool verteenwoordig.