Hoërskool D.F. Malherbe bied jaarliks ‘n unieke matriektoer aan na die beeldskone en asemrowende Drakensberge.

Die unieke toer is al meer as 40 jaar oud en is definitief een van die hoogtepunte van die jaar.

Tydens die toer word daar aan verskeie aktiwiteite deelgeneem soos staptogte, “absail”, foefieglybaan, boogskiet en nog vele meer. Die Matriekleerders kry kans om in die natuur te stap, en hulleself en mekaar buite die besige akademiese program te leer ken.