E-SPORTS

Hoërskool D.F. Malherbe se Esports-afdeling bestaan ​​uit die pret LAN-aktiwiteit en die kompeterende rekenaarspeletjies.

Die pret LAN-aktiwiteit vind gewoonlik op die eerste Maandag van elke skoolvakansie plaas. Die leerders bring hul rekenaars of “consoles” skool toe en speel vir 12 uur saam met vriende. Speletjies soos Fortnite, Counterstrike en vele ander word gespeel.

Die kompeterende afdeling bestaan ​​uit die speel van Counterstrike teen ander skole. Ons ding ook by interskole mee.

Hoërskool D.F. Malherbe het 5 “gaming”-rekenaars by die skool waar die leerders vir die ligas kan oefen of vir die LAN’s kan gebruik.

ROBOTIKA

Die robotika klub sluit twee spanne van 5 leerders in wat robotte ontwerp en programmeer wat sekere take outonoom binne ‘n tydraamwerk moet verrig. Dit is megatronika vir hoërskoolleerders. Die leerders verbeter hulself in intense probleemoplossing, streshantering en interaksies met ‘n span en die breër gemeenskap.

Hoërskool D.F. Malherbe robotika het ‘n lang geskiedenis van sukses. In die 7 jaar van deelname aan die FLL-kompetisie, het ons in 2017 1ste in Suid-Afrika gekom! Ons het al verskeie kere die 1ste plek in die Oos-Kaap behaal.

Die leerders wat gekies word, is die room van die skool. Daar word met voornemende aansoekers onderhoude gevoer voordat hulle deel van die Robotika-klub mag word.