Interactklubs vorm deel van die Rotariërbeweging. Hoërskool D.F. Malherbe se Interactklub word baie goed deur die leerders ondersteun! Gunstelingaktiwiteite is ons jaarlikse strandskoonmaakpoging en ook die uitreik na die Dierebeskermingsvereniging. Ons samel ook donasies in die vorm van klere, komberse ensovoorts in ten bate van organisasies soos SOS Children’s Villages in die stad. Selfs nouer samewerking met die rotariërbeweging word vir die toekoms beplan. Enige leerder is welkom om by Interact aan te sluit.