INTERHUISSTELSEL

Ons huissisteem bevorder spanbou en sosiale vaardighede deur gesonde leerderbetrokkenheid aan te moedig deur ‘n wye verskeidenheid interhuis-kompetisies. Elke leerder en elke personeellid is ’n lid van een van drie huise.

Die drie huise (HAUMAN, VAN WYK EN VOSLOO), vernoem na die drie hoofde nádat Hoërskool D.F. Malherbe ‘n dubbelmediumskool geword het, word gelei deur onderskeie huisouers en leerderkomitees wat leerders motiveer tot massadeelname en gesonde mededinging.

Ons eerste kompetisie van die jaar is die interhuis atletiekbyeenkoms. Hierdie word deur ’n interhuis pretdag aan die einde van die eerste kwartaal gevolg. Die interhuis toneel- en kunsfees wat in die tweede en derde kwartale plaasvind, bied geleentheid vir deelname aan ’n verskeidenheid kulturele aktiwiteite. Die wintersport interhuisfees is die hoogtepunt van die jaar se interhuisaktiwiteite.

Punte wat deur die jaar by ’n verskeidenheid interhuisaktiwiteite ingesamel word, tel vir die toekenning van ’n jaarlikse trofee vir uitnemendheid in sport en ko-kurrikulêre aktiwiteite, beide op individuele en spanvlak.