In 2013 het Hoërskool D.F. Malherbe hul eerste interskole teen Hoërskool Despatch gehad. Hierdie geleentheid word in die derde kwartaal van die jaar gehou. Leerders ding oor twee dae aan verskillende sport- en kultuuraktiwiteite mee. Dit is die hoogtepunt van die jaar vir al die leerders. Die opbou tot hierdie opwindende naweek sluit geesbou, “Big Brag” en ‘n personeelkonsert in om die leerders en ouers te vermaak.

Die program tydens interskole sluit in:

Sport

Rugby, Seuns- en dogtershokkie, Netbal, Tennis, Landloop, Gholf, Skaak en E-sport.

Kultuur

Debat, vasvra, talentkompetisie en ‘Minute to win it’.

Aan die einde van die naweek word al die sport- en kultuuraktiwiteite se uitslae opgetel om die algehele wenner van interskole te bepaal.