Baldans
Die baldans klasse word deur Hadrian Roberts en sy span van gekwalifiseerde dansinstrukteurs aangebied. Daar is op gewilde danse soos die Wals, Quickstep, Ritmiese Foxtrot, asook die Latyns-Amerikaanse danse soos die Cha-cha, Rumba, Swing, ens gefokus.
Alle lesse sal op Dinsdagmiddae vanaf 15:00 to 16:00 oor drie kwartale.
Teen Meimaand is selfs die beginners al gereed om aan die groot Interskole-kompetisie deel te neem. Hierdie is ‘n belangrike datum op die danskalender.
DANS EKSAMEN Augustus
Gedurende die derde kwartaal kry lede van die dansklub ook die geleentheid om hul sosiale danseksamen af te lê.
DANSBAL: Oktober
Aan die einde van die dansseisoen, word die dansreeks afgesluit met ‘n formele bal wat aan die dansers die geleentheid gee om hul oefeninge in die praktyk toe te pas. Leerders koop kaartjies vir die bal, wat in die Veremarksaal gehou word.
