Die Koor is die grootste musiekensemble by Hoërskool D.F. Malherbe. Dit bestaan uit leerders wat ’n gemeenskaplike liefde en passie vir sang deel. Die koor oefen een keer per week, ter voorbereiding vir skoolgeleenthede, koorfeeste, saamgestelde konserte, liefdadigheidskonserte en verskeie kompetisies in en om Gqeberha. Die koor is die ideale geleentheid vir leerders wat daarvan hou om te sing, maar verkies om in ’n groep te sing. Dit is ’n prettige en vars ervaring, waar herinneringe deur musiek gemaak word.