D.F. Malherbe het ’n lewendige debatsvereniging met ‘n ryk geskiedenis. Spanne neem jaarliks aan die landswye ATKV- en die Dink of Sink-debatkompetisie deel. ‘n Debatkompetisie vind ook jaarliks tydens die interskole plaas. Die ATKV-debatkompetisie is voorbereide debatte. Dink of Sink- en interskolekompetisies is onvoorbereid. As jy daarvan hou om ander van jou opinie te oortuig, is hierdie net die aktiwiteit vir jou!