Die Malherbiet is ‘n bekroonde skoolkoerant wat in 1988 tot stand gekom het. In 2022 het Malherbiet verander van ‘n gedrukte, kwartaallikse uitgawe na ‘n vinnige, ‘soos die nuus gebeur’ aanlyn weergawe op Instagram, wat Malherbiete en ouers op hoogte van DFM-sake hou. Die Malherbiet word uitsluitlik deur leerders vervaardig wat ‘n passie vir taal, nuus, fotografie, grafiese ontwerp en videoredigering het.

Die Malherbiet dek alle skoolnuus, van algemene nuus tot sport en kultuur. Joernaliste en fotograwe is ‘n gereelde gesig by alle geleenthede, wat wissel van interskole tot die kunstefees.

Leerders vanaf graad 9 is welkom om aansoek te doen om by die Malherbiet aan te sluit. Aan die begin van elke nuwe jaar hou die redaksie ‘n werkswinkel waartydens joernaliste en fotograwe opgelei word.

Aansoeke om deel te wees van die span vind elke Oktober aanlyn plaas. Graad 8 – 11-leerders wat ‘n passie vir skryf of fotografie het, word aangemoedig om aansoek te doen. Inligting rakende aansoeke sal op die skool se kennisgewingborde verskyn. Die redaksiespan word vroeg in die nuwe jaar bekendgemaak.

Klanke, Kennis en Kompetisie: ʼn Aand vol ritme! 🎶 Saterdag, 28 Februarie 2026, het die OOV van D.F. Malherbe hul eerste Musiektrivia-aand gehou. Dit was ’n aand vol pret, lag en saamkuier vir die DFM-gemeenskap wat gelei het tot ’n suksesvolle aand! Spanne het in verskillende rondtes, wat van ou klassieke treffers tot die nuutste liedjies ingesluit het, teen mekaar meegeding. ’n Totaal van 13 spanne het aan die aand deelgeneem waar hulle in hul spanne saam moes werk om sangers te identifiseer, lirieke te onthou en liedjietitels te benoem. Die OOV wil almal vir hul ondersteuning bedank asook die borge wat die aand se pryse moontlik gemaak het. Die DFM-gemeenskap sien uit na die volgende fondsinsamelingsprojek. Deur: Mari-Lo Aylward Foto's: Verskaf

Last call: DFM bows out!🏏 On Saturday, 28 February, D.F. Malherbe’s 1st team cricket played their final game of the season against Nico Malan. Nico Malan batted first, scoring a formidable total of 348/8. The best bowlers were Petrus Strydom and Kyle Schultz, who both took three wickets each. Aiden de Klerk played an amazing, if not brilliant, knock, scoring a mind-blowing 91 runs off 99 balls. DFM unfortunately lost wickets quickly before starting to fight back to post a total of 200 all out. DFM ultimately lost the match by 148 runs. We wish the team the best of luck in their future endeavours and as a school we are extremely proud to call you our 1st cricket team! By: Sinalo Nana Photo: Provided

Smartie Day at D.F. Malherbe 🧪✨ Smartie Day at D.F. Malherbe, held on 27 February, was a fun and exciting experience specially hosted for the Grade 7s. As a high school, DFM uses this day to give younger learners a glimpse of what subjects like Physics, Mathematics and Coding are all about. The day kicked off with a hands-on Physics experiment where the Grade 7s tested different colours and types of soap to see which mixture could create the biggest bubble. There was lots of experimenting, comparing results and adjusting formulas, with some impressive bubbles floating around! After the bubble challenge, learners put their brains to work solving Maths problems and equations, showing off their logical thinking and problem-solving skills. The day ended in the IT room with Scratch coding, where learners created simple programs and discovered how creativity and logic come together in technology. Smartie Day gave the Grade 7s a fun preview of high school subjects and judging by the smiles and excitement, the future at D.F. Malherbe is looking bright! By: Mishke Kapp Photos: Mishke Kapp, Lizé Brecher

#MyDF Rugbyprogram vir 7 Maart 2026🏉

It’s MONDAY… and Mondays need MOTIVATION! 💥

'n Naelbyt-oorwinning vir DFM se 2de span🏏 Hoërskool D.F. Malherbe en Hoërskool Otto du Plessis het Woensdag, 18 Februarie, ’n besonderse krieketwedstryd gelewer. Hoërskool Otto du Plessis wen die loot en kolf eerste. Hulle het 68/8 in 15 beurte behaal. Beste boulers: Roché Barnard - 7/2 in 3 beurte Tristan Fourie - 4/1 in 3 beurte Jean Ingram, Jade Ingram en Ricardo van Heerden neem elkeen ook ’n paaltjie. Hoërskool D.F. Malherbe behaal 69/7 in 15 beurte. DFM se kolwers het goed begin, maar was ná 5 beurte 3 paaltjies plat. Jarno Nel en Liam Allen het stabiliteit gebring met ’n vennootskap van 24 om die 4de paaltjie. Ongelukkig het DFM nog 2 vinnige paaltjies verloor met goeie veldwerk. In ’n naelbyt-laaste beurt moes DFM 6 lopies van 6 balle behaal. Met nog ’n paaltjie en goeie veldwerk moes DFM 5 lopies van die laaste 2 balle behaal. Tristan Fourie het besonders gedoen met ’n 4 en ’n enkellopie van die laaste bal om die wedstryd vir DFM te wen. Beste kolwers: Liam Allen - 13 (19 balle) Hannes van Heerden - 12 (15 balle) Jarno Nel - 11 (24 balle) Hoërskool D.F. Malherbe se 2de span wen met 3 paaltjies. Deur: Jonique Oosthuizen Foto's: Verskaf

Trots, Talent en ʼn Welverdiende Wen! 🏏 Op Donderdag, 19 Februarie, het D.F. Malherbe se eerste meisieskrieketspan ’n opwindende wedstryd teen Alexander Road High School gespeel. DFM het eerste gekolf en die twee openingskolwers het die telling hoog gestel. Hulle het saam deur al 15 boulbeurte gestaan en ’n indrukwekkende 104 lopies op die telbord geplaas — ’n vennootskap gebou op fokus, spanwerk en deursettingsvermoë. Amy Britten: 42 lopies van 60 balle Sasha McHugh: 34 lopies van 42 balle DFM het daarna die volgende 15 boulbeurte geboul en Alexander Road beperk tot 62 lopies vir die verlies van 6 paaltjies. DFM se meisies het hul strategie op die veld goed uitgevoer en die spasies nou gehou. Die drie beste boulers was as volg: Mari-Lo Aylward: 4 boulbeurte, 1 paaltjie, 10 lopies afgestaan Sasha McHugh: 3 boulbeurte, 2 paaltjies, 8 lopies afgestaan Amy Britten: 3 boulbeurte, 2 paaltjies, 17 lopies afgestaan D.F. Malherbe wen dus die wedstryd met 42 lopies. Malherbiete kan baie trots wees op hierdie prestasie. Ons sien uit na die res van die seisoen. Deur: Mari-Lo Aylward Foto’s: Verskaf

One pint. One hero. 🩸🦸🏻‍♂️ On Friday, 20 February, DFM successfully hosted another magnificent blood drive in the school hall. The turnout was incredible, with both familiar faces and brave first-time donors stepping up and facing their fears. The day started with the Peer Promoters helping the SANBS team set up the hall to ensure it was ready for learners and teachers to roll up their sleeves. As soon as all the equipment, cookies, juice, and the surprise gift were in place, it was time to get to work. The process of donating blood is simple but very important, as every step must be done correctly. Firstly, donors provide their ID number and answer a few health-related questions. In addition, their iron levels are tested to make sure they are eligible to donate. Once they receive the “thumbs up” and sit comfortably in their chair, the journey of becoming a hero begins. Although many learners were unable to donate due to low iron levels, this did not stop an exceptional 61 units of blood from being collected. The bravery these learners showed will help save many lives. As a reward for this heroic act, donors were generously given a delicious cookie and a stylish SANBS sports bag. A heartfelt thank you goes to the SANBS team for providing us with the opportunity to make an impact and to the Peer Promoters for their voluntary support. One small decision can make a life-saving difference. Join us at the next blood drive and turn generosity into action. By: Megan Steenekamp Photos: Jennifer Stoddart