Marimba Orkes
Die Marimba Ensemble is ‘n toeganklike platform vir nie-vakmusiekleerders, aangesien geen tegniese vaardighede of musiekteorie benodig word nie. Die ensemble leer gewilde en tradisionele liedjies wat met ‘n outentieke aanslag onderrig word. Ons hou van Michael Jackson, Queen en Suid-Afrikaanse komponiste. Elke ensemble bestaan uit ‘n maksimum van vyf leerders in ‘n groep, wat verdeel word in die bas, tenoor en sopraan marimbas. Ons het weeklikse repetisies vir 45-minute en leer hoe om vas te hou, greepwerk, ritmes en musikaliteit! Die leerders tree by ons Musiekaande, Graad 8 Inligtingsaand en in samewerking met ander ensembles, die D.F. Kunstefees en vele meer op! Dit is beslis ‘n opwindende en verfrissende buitemuurs vir leerders!
