Moderne dans
Ons dansers ontmoet een keer per week vir ‘n oefening vanaf 14:30 tot 15:30. In hierdie uur word verskillende dansstyle aan die leerders geleer, waarvan Hip Hop die gunsteling onder die leerders is.
Die hoogtepunt van die jaar is die D.F. Kunstefees, waar D.F. se dansers voor ander Malherbiete die skare vermaak. Dit is wonderlik om te sien hoe leerders wat nog nooit voorheen danslesse geneem het nie, die selfvertroue het om die danspassies wat hulle deur die jaar geleer het voor die skare te vertoon.
Baie dankie aan al die toegewyde dansers van D.F.!
