Personeelkonsert
Die personeelkonsert is ‘n jaarlikse opvoering wat uit al die Hoërskool D.F. Malherbe-personeellede bestaan. Dit is die tyd om te sien hoe jou onderwysers hul harte in die blink kolligte blootstel met sang, dans en toneelspel. Die personeelkonsert sal altyd ‘n verrassing vir die leerders wees, omdat hulle nooit regtig die ekstra vermoëns van hul onderwysers ken voordat hulle dit sien nie. Dit is ‘n “EEN AAND EN SLEGS EEN AAND GEBEURTENIS.” Dit is beslis ‘n aand om nie mis te loop nie!
