Skeppende skryfklub
Die skrywersklub bestaan uit dinamiese, kreatiewe leerders met ‘n passie vir letterkunde en kreatiewe skryfwerk. Die klub dek baie genres. Ons het digters, kortverhaalskrywers en romanskrywers – en baie entoesiastiese lesers.
Maandae kom ons in kamer 103 bymekaar en bespreek skryfwerk en relevante kwessies in die skryfwêreld en dan skryf ons, natuurlik. Leerders het die geleentheid om hul skryfwerk te deel en idees uit te ruil.
Die klub bied ‘n veilige ruimte vir skrywers om hul skryf-, en ontwikkelingsvaardighede te ontwikkel.
