By D.F Malherbe kry leerders die geleentheid om aan ‘n verskeidenheid atletiek-items deel te neem. Ons is trots op ons atlete wat aan die interhuis-atletiek deelneem asook dié wat na die Sone, PE Hoërskole en Metro-byeenkomste deurdring.

In 2022 het DF die nuwe formaat van die interhuis-atletiek aangekondig. Huis Hauman, Vosloo en Van Wyk het vir die eerste keer aan die interhuis-atletiek deelgeneem. Hierdie atletiekbyeenkoms is ook vir die eerste keer by D.F. Malherbe gehou.

Leerders was baie opgewonde om vir die verskillende byeenkomste in te skryf om te verseker dat hul span tot die massadeelname bygedra het en die atletiekbyeenkoms ‘n groot sukses gemaak het.

Na die interhuis-atletiekbyeenkoms kan die atlete vir die Sone, PE Hoërskole en Metro-byeenkomste kwalifiseer. By die Metro-byeenkoms word ‘n span gekies om aan die Oos-Kaapse skolebyeenkoms deel te neem.