Dylan Cradock hard aan die dink tydens skaak

Hoërskool D.F. Malherbe het ‘n puik skaakspan wat een keer per week oefen, met wedstryde wat gewoonlik op ‘n Vrydag plaasvind. Skaak is ‘n sport wat spelers se intelektuele kapasiteit ontwikkel. Wedstryde vind deur die jaar plaas.  Ons streef daarna om ons spelers tot provinsiale-spelers te ontwikkel, maar skep ook ‘n ontspanne omgewing om die beste uit die spelers te bring.

Enige leerder is welkom om by die skaakgemeenskap van Hoërskool D.F. Malherbe aan te sluit, al wil hulle kompeteer of net vir die genot speel.