Foto nr. 4 Gholf

Hoërskool D.F. Malherbe se gholfspanne neem jaarliks aan die Oostelike Provinsie skole gholf-liga deel.  

Die spelers oefen elke Vrydag na skool en liga wedstryde vind Maandae op verskillende bane plaas. Ons maak ook gebruik van ‘n professionele afrigter om ons spelers lesse te gee en om hulle gholf af te rond.

Ons gholfspanne neem ook jaarlikse aan verskeie gholftoernooie deel wat die spelers terdeë geniet.

Ons streef daarna om elke jaar ten minste 10 spanspelers te hê.