DOGTERSKRIEKET

Hoërskool D.F. Malherbe het twee spanne wat in die Dogters hoërskoolliga ingeskryf is. Die ligas bestaan uit ‘n eerste liga wat twintig boulbeurtwedstryde speel en ‘n tweede liga wat vyftien boulbeurtwedstryde speel.
Die spanne speel weekliks wedstryde gedurende die eerste en vierde kwartaal. Oefeninge vind Dinsdae en Donderdae plaas. Beide spanne neem ook aan die jaarlikse Framesby 6-aan-‘n kant toernooi deel en behaal jaarliks goeie resultate in die toernooi.
Ons is trots op oud-leerders, Marizanne Kapp en Mieke de Ridder, wat die Suid-Afrikaanse Vrouespan op internasionale vlak verteenwoordig het.
