Hokkie
D.F.-hokkie het al uitstekende hokkiespelers en -afrigters opgelewer en gaan steeds van krag tot krag. Ons Hoof van Hokkie en hoofafrigter, me. Rachel Gibson, is sedert 2015 by D.F. betrokke en het ’n uitstekende afrigtingstruktuur opgebou gebaseer op haar O.P. en S.A. Meestershokkie-ervaring.
Op die skeidsregterfront is D.F. trots op ons eie Chloe Terblanche, wat provinsiale kleure in skeidsregtering verwerf het. Baie geluk, Chloe! D.F. is trots op jou.
Ons D.F. Malherbe Astro-Turf sal in Julie 2025 in gebruik geneem word. Hierdie is ’n droom van die skool en ons is geweldig trots op hierdie prestasie. Ons spog ook met ’n mini-Astro om die groeiende aantal hokkiespelers by ons skool te akkommodeer.

