DSC_0348

Netbal is een van die sportsoorte by Hoërskool D.F. Malherbe wat saam met skool se bestaan begin het.

Ons het al oor die jare menigde provinsiale netbalspelers opgelewer en selfs al aan die S.A. kampioenskappe deelgeneem.

Oefengroepe neem aan die begin van elke jaar deel aan finale skoolproewe sowel as voor-seisoenale toernooie.  Hierdie toernooie dien as ‘n geleentheid om die skoolspanne te finaliseer.  Uitblinkers in elke span word die geleentheid gegun om an die O.P.-proewe deel te neem.

Hoërskool D.F. Malherbe spog met ‘n uiters bekwame hoof van netball, Me. Dillian Pienaar, en gekwalifiseerde netbalafrigters en -skeidsregters, wie se vaardighede jaarliks opgeskerp word. Me Pienaar is ook verantwooordelik vir die hoëprestasie-oefengroep.  Kursusse, wat hoofsaaklik deur Lana Krige, Euleen Grobbelaar en Jeanie Steyn aangebied word, word gereeld deur die skool ondersteun.

Netbalbestuur moedig ‘n gevoel van “behoort” en positiewe gees onder die spelers aan, deur aan die begin en aan die einde van elke seisoen sosiale funksies te reël.  Hierdie is belangrik om holistiese en gelukkige spelers te kweek.