Seunskrieket
Hoërskool D.F. Malherbe het verskeie seunskrieketspanne wat o.14A, o.15A, 2de span en 1ste span insluit. Die o.15A-span en 1ste span krieket neem in die 1ste liga deel. Ons seunskrieket het die afgelope 3 jaar ‘n gesamentlike wenkoers van meer as 70% gehad. Die 1ste span neem deel aan verskeie feeste en toere wat insluit, Pearson se krieketfees, Theodore Lentefees en die Union High krieketfees. Die o.15A en 1ste span speel beide gedurende die week en op Saterdae. Leerders onder die ouderdomsgroepe van 16 en 19 word ook die geleentheid gebied om jaarlikse OP-proewe by te woon. Baie van ons leerders speel ook binnenshuise krieket en verteenwoordig verskeie ouderdomsgroepe by Oostelike Provinsie. (Ruben Aylward en Aiden de Klerk het in 2023 die voorreg gehad om Suid-Afrika by die o15 binnenshuise krieketwêreldbeker in Dubai te verteenwoordig.) By Hoërskool D.F. Malherbe word talentvolle leerders wat goed presteer ook die geleentheid gegun om te oefen of selfs vir die 1ste span te speel, ongeag hul ouderdom.
