Tennis by Hoërskool D. F. Malherbe is ‘n somer -en wintersport. In die somer ding ons spanne in verskeie ligas teen ander skole in die Metro mee.

Afrigting vind op Maandae- en Woensdae-middae plaas en word deur Mnr Johan Grobler van Walmer Tennis behartig, ‘n tennisskool wat op Hoërskool D.F. Malherbe se tennisbane bedryf word.

Ons tennisspelers woon Walmer Tennis se groep oefeninge op ‘n Saterdag gratis by. Hierdie is ‘n verdere geleentheid om wedstrydvaardighede te slyp.