Die Verteenwoordigende Raad van Leerders is ‘n demokraties verkose liggaam wat al die leerders in graad 8 – 12 verteenwoordig. Die voorsitter, ondervoorsitter en tesourier verteenwoordig die leerders op die Skoolbeheerliggaam.

Die Verteenwoordigende Raad van Leerders reël ‘n jaarlikse fondsinsameling ten bate van ‘n gekose liefdadigheidsorganisasie.