Voorbladnooi en Mnr Heinz D.F., is ons jaarlikse skoonheidskompetisie wat straks voor Interskole aangebied word. Hierdie kompetisie het in 2023 sy 24ste bestaansjaar gevier. Tydens hierdie kompetisie ding die finaliste teen mekaar mee om te bepaal wie die nuwe Voorbladnooi en Mnr Heinz D.F. van daardie jaar is. Daar is ook pryse vir onder andere eerste prins en prinses, tweede prins en prinses, Mnr en Mej fotogenies en Mnr en Mej Persoonlikheid. Daar is elke jaar ‘n tema waarvolgens die dekor, musiek en kostuums vir die openingsdans gekies word. Heinz in Style borg die seuns se pakke vir die aand en Hoiden Bridesmaids borg die meisies se rokke vir die formele drag. Dit is elke jaar ‘n skouspelagtige geleentheid!